Louis en Sunet van Niekerk
Berg-en-Bos kampterrein was 25 April tot 1 Mei ons huis. kDit was die mees ongelooflikste week wat ons in 'n baie lang tyd beleef het. Oom Peet se opregte gasvryheid het ons baie welkom laat voel. Die natuurskoon slaan jou asem weg. As jy die stad geheel en al wil verlaat en naby aan die natuur wil wees, is hierdie beslis die plek vir jou. As die son sak is dit pikdonker en daar is geen karre en alarms nie, net die gedruis van die Krokodilrivier en die naggeluide. Ons kon die donkie stook en heerlik warm stort in die sonlig. Vir diegene wat meer luuks wil wees, is daar ablusie geriewe. Ons kon ook lekker ver stap en fietsry. En natuurlik, die vissermanne kan 'n ly of twee natmaak! Dis abosluut ongelooflik hier, maar weet net dat jy hier self gaan moet kamp opslaan en op jou eie vaardighede aangewese is. Dis "back to basics" maar absoluut in ons kraal.