Aanwysings

Aanwysings na Berg en Bos:

6 km van Brits op Thabazimbi pad, draai regs by Sinkdakpadstal.
1km plaveisel,
2 km tweespoor grondpad.

Die haastige bestuurder wat met ‘n vaart uit die stad uit wegvlug na Berg-en-Bos se rus en vrede, gaan met die laaste 2 kilometer grondpad, beslis sy lood regterpoot so bietjie van ‘n blaaskans moet gee. Die haastigheid moet gelaat word by die begin van die grondpad. Konsentrasie en bestuursvernuf gaan nodig wees. Onthou, jy betree die ongerepte natuur. Ry rustig en kalm op hierdie tweespoor pad. In die reënseisoen veral moet jy onthou, die grondpad word ‘n modderpad. ‘n Voertuig wat laag hang, se pens gaan hard kennis maak met die tweespoor pad. ‘n Lekker dik stel tekkies aan jou voertuie gaan sonder moeite die 2 kilometer kafdraf.


Website created by
Louis van Niekerk
07/06/2022